1. Ek wil ’n lied sing oor die Een wat ek liefhet, ’n lied oor sy wingerd. Die Een wat ek liefhet, het ’n wingerd gehad op ’n baie vrugbare heuwel.
2. Hy het die grond omgespit en die klippe uitgehaal. Daarna het Hy van die beste wingerdstokke daarin geplant. In die middel van die wingerd het Hy ’n wagtoring gebou en toe ’n parskuip uit die rotse daar naby gekap. Hy het ’n goeie oes verwag, maar toe die oestyd kom, was elke druif aan daardie wingerd suur.
3. Nou vra die Een wat ek liefhet: Inwoners van Jerusalem en Juda, Ek het my saak aan julle gestel, lewer tog nou uitspraak tussen My en my wingerd.