8. Die Here sê: Wanneer Ek dink dit is die regte tyd, sal Ek jou gebed verhoor. Ek sal jou bystaan op die dag dat jy gered word. Ek sal jou beskerm. Ek sal deur jou ’n ooreenkoms met die volk maak dat Ek die land sal herstel. Hulle sal hulle grond terugkry wat so lank verwaarloos gelê het.
9. Jy sal vir dié wat in tronke sit, kan sê: “Julle word vrygelaat.” Vir dié wat in donker selle opgesluit is, sal jy kan sê: “Julle gaan uitkom.” Wanneer hulle terugkom, sal Ek hulle langs die pad versorg soos skape wat wei. Selfs op die kaal bulte sal daar vir hulle plek wees om gras te eet.
10. Hulle sal nie honger of dors word nie. Die skroeiende wind en die warm son sal hulle nie brand nie. Die Here wat hulle jammer gekry het, sal hulle lei en hulle by water laat uitkom.
11. Ek sal ’n pad maak deur die berge. Ek sal ’n bergpas maak om oor die berge te kom.
12. My volk sal van al die ver plekke af terugkom. Sommige sal uit die noorde kom, ander uit die weste en nog ander uit Egipte.