Jesaja 37:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Nadat Hiskia hulle verslag gehoor het, het hy van ontsteltenis ook sy klere geskeur. Hy het toe vir hom rouklere aangetrek en tempel toe gegaan om te gaan bid en by die Here raad te vra.

2. Daarna stuur hy vir Eljakim en Sebna saam met die leiers van die priesters na Jesaja toe, almal ook met rouklere aan.

3. By Jesaja aangekom, het hulle vir hom die volgende boodskap van Hiskia af gegee: “Ons beleef ’n verskriklike tyd. Ons word bedreig en beledig, dis eintlik tragies, maar ons is soos ’n swanger vrou wat moet geboorte skenk, maar nie die krag het om te kraam nie.

Jesaja 37