Jesaja 3:19-25 Die Boodskap (DB)

19. oorbelletjies en armbande, sluiers

20. en kopdoeke, voetkettinkies, versierde gordels, parfuum en gelukbringertjies,

21. ringe en neusringe,

22. deftige partytjierokke, mantels en serpe, handsakkies

23. en spieëltjies, fyn sakdoekies, kopdoekies en skouermanteltjies.

24. In plaas van die geur van parfuum sal hulle vreeslik stink. In die plek van hulle versierde gordels sal hulle toue om hulle middel dra. Hulle sal kaalkop rondloop in plaas van hulle goed versorgde hare. In plaas van deftige en fyn rokke sal hulle growwe klere van sak dra. In plaas van hulle skoonheid van vroeër sal hulle die brandmerk van slawe dra.

25. Al Jerusalem se mans sal in die oorlog omkom; selfs hulle dapperste soldate sal nie ontsnap nie.

Jesaja 3