4. Die koning van Assirië sal hierdie twee lande se mense gevange neem en hulle voor die voet, oud en jonk, kaal en sonder sandale aan hulle voete as ballinge wegvoer. Almal sal die kaal sitvlakke sien. Dit is die skande wat Egipte sal oorkom.
5. Dié wat op Etiopië se hulp gereken het en grootgepraat het oor alles wat Egipte vir hulle sou doen, sal teleurgestel staan, sonder hoop.
6. Dan sal die Filistyne wat langs die Middellandse See bly, sê: “As dit met Egipte kan gebeur, watter kans het ons teen die koning van Assirië? Dit is verby met ons!”