Jesaja 12:4-6 Die Boodskap (DB)

4. Dan sal julle sing: “Loof die Here en eer sy Naam. Vertel vir die volke van alles wat Hy gedoen het. Vertel vir hulle hoe wonderlik Hy is.

5. Sing tot eer van die Here, want Hy het verstommende dinge gedoen. Gaan vertel dit vir die hele wêreld.

6. Almal wat in Jerusalem bly, moet jubel en juig! Israel se God is heilig en ontsagwekkend, Hy woon onder julle!”

Jesaja 12