Jeremia 42:1-3 Die Boodskap (DB)

1. ’n Groot klomp mense het na Jeremia toe gekom omdat hy ’n profeet van die Here was. Onder hulle was al die offisiere van die weermag, maar ook Joganan die seun van Kareag en Asarja die seun van Hosaja. By hulle was daar ook nog mense uit elke vlak van die samelewing.

2. Hulle het vir Jeremia gevra: “Luister asseblief na wat ons vra en praat dan namens ons met die Here wat jou God is. Soos jy kan sien, is ons maar net ’n klein groepie mense wat oor is van die sterk volk wat ons eens was.

3. Vra die Here jou God mooi om ons te wys wat ons moet doen en waarheen ons moet gaan.”

Jeremia 42