Jeremia 37:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Sedekia was die seun van Josia. Koning Nebukadnesar van Babel het hom as koning van Juda aangestel in die plek van Jojagin, wat ’n seun van Jojakim was.

2. Maar nie Sedekia, sy amptenare of die gewone mense van die land het hulle enigsins gesteur aan wat die Here deur Jeremia gesê het nie.

3. In elk geval, koning Sedekia het twee mans na Jeremia toe gestuur. Hulle was Jukal, ’n seun van Selemja, en Sefanja, ’n seun van Maäseja. Sefanja was ’n priester. Hulle moes vir Jeremia vra om namens hulle tot die Here te bid.

Jeremia 37