1. Sedekia was die seun van Josia. Koning Nebukadnesar van Babel het hom as koning van Juda aangestel in die plek van Jojagin, wat ’n seun van Jojakim was.
2. Maar nie Sedekia, sy amptenare of die gewone mense van die land het hulle enigsins gesteur aan wat die Here deur Jeremia gesê het nie.