Jeremia 35:3-6 Die Boodskap (DB)

3. Ek het toe vir Jaäsanja wat die seun van Jeremia en die kleinseun van Gabassinja is, gaan haal. Verder ook al sy broers en seuns. Die hele Rekabiete-groep het mense gehad wat hulle belange op die hart gedra het.

4. Ek het hulle na die tempel toe gebring. Ons het toe na ’n vertrek in die tempel gegaan wat aan die volgelinge van Ganan behoort het. Ganan was die seun van Jigdalja. Hy het bekend gestaan as iemand wat aan God behoort. Hierdie kamer was langs die een wat deur die amptenare in die paleis gebruik is. Dit was ook reg bokant die kamer wat Maäseja die seun van Sallum gebruik het. Maäseja was in beheer van die tempel se ingang.

5. Ek het bekers met wyn en bekers om uit te drink voor die Rekabiete neergesit. Toe nooi ek hulle om van die wyn te drink.

6. Maar hulle het geantwoord: “Nee, ons drink nie wyn nie. Jonadab die seun van Rekab is ons voorvader. Hy het ons opdrag gegee dat nie ons of ons nageslag ooit wyn mag drink nie.

Jeremia 35