Jeremia 13:22-26 Die Boodskap (DB)

22. Julle wonder seker hoekom al hierdie dinge met julle gebeur. Die antwoord is: Julle word soos ’n vrou deur die vyand misbruik en verneder omdat julle so baie dinge verkeerd doen.

23. “’n Mens wat ’n donker vel het, kan dit nie verander nie. Net so kan ’n luiperd ook nie sy kolle verander nie. Dink julle miskien dat julle skielik goeie dinge kan begin doen nadat julle so lank reeds daaraan gewoond was om verkeerde goed te doen?”

24. Die Here sê: “Ek sal julle oraloor waai, net soos die wind wat uit die woestyn waai die kaf uit die koring oral versprei.

25. Dit is wat Ek besluit het wat met julle moet gebeur,” sê die Here. “Dit is wat julle verdien, want julle het so gelewe asof julle vergeet het dat Ek bestaan. Om afgode te dien is om julleself te bedrieg. Hulle is net ’n bedrogspul. En tog het julle verkies om hulle te vertrou en nie vir My nie.

26. Ek sal julle verneder soos ’n mens iemand kaal laat staan voor ander mense.

Jeremia 13