Hooglied 5:14-16 Die Boodskap (DB)

14. Sy hande is soos goudstawe waarin juwele ingelê is. Sy liggaam is soos ivoorpilare wat van al die saffiere gloei.

15. Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus. Hulle is so sterk soos die seders van die Libanon.

16. Sy mond is lekker om te soen. Alles aan hom begeer ek. Vroue van Jerusalem, dit is dan hoe my liefling lyk.

Hooglied 5