23. Die aardse Heilige plek en alles daarin is maar soos ’n skaduwee van die hemelse Heilige plek. As die aardse plek so met bloed vir God aanvaarbaar gemaak is, was daar vir die hemelse Heilige plek ’n baie beter offer nodig.
24. Christus is nie sommer in ’n heilige plek in wat deur mense gemaak is en net soos ’n skaduwee van die regte een is nie. Nee, Hy is in die hemel self na God toe om ons saak daar by God namens ons te gaan stel. Die hoëpriester op aarde moes ook natuurlik elke jaar in die Heiligste deel ingaan met die bloed van diere.
25. Christus is egter nie weer en weer in die hemel in om Homself elke keer van voor af te offer nie.
26. Dan moes Hy mos van die begin af oor en oor gely het. Nee, Christus het maar een maal gekom toe die tyd daarvoor ryp was. Toe het Hy Homself vir God geoffer en so klaargespeel met al ons sondes.