3. Die eintlike werk wat ’n hoëpriester moet doen, is om namens mense vir God geskenke en offers te gee. Jesus moes daarom ook iets hê om te offer.
4. As Hy maar net ’n gewone mens op aarde was, sou Hy nie eens ’n priester kon wees nie, want daar was al priesters. Die wet sê mos presies wie op aarde ’n priester mag wees en wie nie.
5. Hierdie priesters werk egter in ’n heilige plek op aarde wat in vergelyking met die hemelse heilige plek maar net soos ’n skaduwee is. Die aardse een is maar soos ’n tekening van die werklike een in die hemel. Toe Moses die heilige plek vir die Israeliete in die woestyn reggemaak het, het God dit mos duidelik vir hom gesê: “Maak doodseker dat jy alles presies so maak soos Ek dit vir jou op die berg gewys het toe jy by My was.”
6. Die werk wat Jesus as priester doen, is baie beter as die ander priesters se beste pogings. Net so is die ooreenkoms wat Hy tussen God en die mense gemaak het verreweg beter as die oue, omdat dít wat God beloof het soveel beter is.