Hebreërs 8:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Wat ek wil sê, is dit: ons het die wonderlikste Hoëpriester denkbaar. Hy sit op die ereplek langs die magtige God self.

2. In die heilige plek waar God is, is Jesus besig om as Hoëpriester vir ons te doen wat vir ons nodig is om ook by God te wees. Dis nie mense wat God se heilige blyplek gebou het nie, maar God self het dit gedoen.

3. Die eintlike werk wat ’n hoëpriester moet doen, is om namens mense vir God geskenke en offers te gee. Jesus moes daarom ook iets hê om te offer.

Hebreërs 8