6. Hy het hom vroeër tot die Joodse geloof bekeer.
7. Die apostels se prediking het veroorsaak dat baie mense in Jerusalem volgelinge van Jesus geword het. Selfs ’n groot groep priesters het tot bekering gekom en in Hom begin glo.
8. Stefanus, een van die sewe helpers, het God se goedheid en krag elke dag beleef. Net soos die apostels het hy ook baie wonderwerke onder die mense gedoen. Daar was ’n klomp Jode wat niks gehou het van wat Stefanus sê nie.
9. Hulle het in ’n sinagoge in Jerusalem bymekaargekom waar mense wat eens op ’n tyd slawe was vir God aanbid het. Hierdie mense, wat uit gebiede soos Sirene, Aleksandrië, Silisië en Asië gekom het, het met hom begin stry. Maar hulle het elke keer sleg daarvan afgekom.
10. Hulle was nie opgewasse teen Stefanus se insig in God se raadsplan nie.
11. Later was hulle so vies dat hulle in die geheim ’n paar mense geld aangebied het om te sê dat Stefanus beledigende dinge teen God en Moses kwytgeraak het.