Festus het ’n paar oomblikke met sy raadgewers oor Paulus se woorde beraadslaag. Toe het hy kort en kragtig sy uitspraak gegee: “Op die keiser het jy jou beroep. Na die keiser toe sal jy gaan!”