Handelinge 1:22-26 Die Boodskap (DB)

22. van daardie dag af toe Hy deur Johannes die Doper gedoop is totdat Hy hemel toe is.”

23. Twee name is toe opgegee: Josef Barsabbas (sy bynaam was Justus) en Mattias.

24. Toe het al die gelowiges gebid en gesê: “Here, U weet presies wat in mense se binneste aangaan. U ken ons almal deur en deur.

25. Wie van hierdie twee mans wil U hê moet Judas se plek as apostel oorneem? Judas is hierdie wonderlike werk kwyt omdat hy nie na U geluister het nie.”

26. Daarna het hulle lootjies getrek. Mattias is as die nuwe apostel gekies.

Handelinge 1