Genesis 8:10-12 Die Boodskap (DB)

10. ’n Week later het hy weer die ark se luik oopgemaak en die duif uitgestuur.

11. Teen die aand se kant het die duif teruggekom met ’n vars geplukte olyfblaartjie in sy bek. Toe het Noag geweet die water het in die grond weggesak.

12. Hy het egter nog ’n week gewag en toe weer die duif uitgestuur. Dit het nie weer teruggekom nie.

Genesis 8