Josef het toe alles vir die farao gaan vertel en gesê: “My pa en my broers het toe uiteindelik veilig uit Kanaän hier aangekom. Hulle het al hulle vee en besittings saamgebring. Hulle woon op die oomblik in die omgewing van Gosen.”