16. Sy het die baadjie gehou totdat haar man die aand huis toe gekom het.
17. Sy het vir hom ook dieselfde storie vertel: “Die Hebreeuse slaaf wat jy hier aangebring het en wat vir ons moes werk, het in my kamer ingebars terwyl ek geslaap het.
18. Toe ek egter begin skreeu, het hy gevlug, maar hy het sy baadjie hier by my gelos. Dit is nou wat jou slaaf aan my gedoen het.”
19. Toe Potifar dit hoor, was hy woedend.
20. Hy het Josef gegryp en hom in die tronk gegooi. Dit was die tronk waarin al die mense gestop is wat teen die koning oortree het.