Genesis 31:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Jakob het gehoor wat Laban se seuns oor hom rondvertel het. Hulle het gesê: “Jakob het al ons pa se goed gevat. Hy het ryk geword met goed wat aan ons pa behoort.”

2. Jakob het ook gesien dat Laban se houding heeltemal verander het. Hy was nie meer so hartlik soos vroeër nie.

3. Die Here het vir hom gesê: “Jakob, gaan huis toe. Gaan terug na die land van jou pa waar jy gebore is. Ek sal by jou wees.”

4. Toe Jakob op ’n keer met sy vee in die veld was, het hy Ragel en Lea na hom toe laat kom.

Genesis 31