1. Toe Isak al oud en amper blind was, het hy Esau geroep: “Seun, waar is jy?” Esau het geantwoord: “Hier’s ek, Pa.”
2. Isak sê toe vir hom: “Kyk, ek is oud en kan enige tyd sterf.
3. Vat nou jou skietgoed, jou pyl en boog, en gaan veld toe. Skiet daar vir my ’n stukkie wild.