Genesis 26:33-35 Die Boodskap (DB)

33. Isak het die put Seba genoem en tot vandag toe noem hulle daardie stad Berseba.

34. Toe Esau 40 jaar oud was, het hy met twee Hetitiese vroue getrou: Judit, die dogter van Beëri, en Basemat, die dogter van Elon.

35. Hierdie twee vroue het Isak en Rebekka diep ongelukkig gemaak.

Genesis 26