13. Kortom: al jou werkers se kinders asook daardie werkers wat jy gekoop het, se kinders moet besny word. Aan julle liggaam sal mense dan kan sien dat julle aan My behoort en dat Ek julle God is. En dit sal vir altyd so wees.
14. Iemand wat nie besny is nie, is nie deel van jou nie. Hy is ook nie deel van My en my ooreenkoms met julle nie.”
15. God het ook verder met Abraham gepraat: “Jou vrou Sarai moet jy nie meer so noem nie. Noem haar eerder Sara.
16. Ek sal haar seën en sy sal vir jou ’n seun baar. Ja, Ek sal haar seën, en uit haar sal daar nog baie nasies en belangrike leiers gebore word.”