Ester 4:5-7 Die Boodskap (DB)

5. Ester laat roep toe een van haar paleisbeamptes met die naam Hatak. Sy stuur hom na Mordegai toe om uit te vind wat aan die gang was en waarom hy begrafnisklere dra.

6. Hatak is toe uit na Mordegai toe waar hy op die binneplein by die ingang van die paleis gestaan het.

7. Mordegai het Hatak in sy vertroue geneem en hom die hele storie vertel. Ook van die groot hoeveelheid geld wat Haman bereid was om die koning te betaal as hy die Jode kon doodmaak.

Ester 4