Esegiël 31:15 Die Boodskap (DB)

So sê die Here, Esegiël se God: “Assirië het in sy graf beland. Almal het gehuil toe hy begrawe word. Selfs die waters wat hom van kos voorsien het, het opgehou om te loop, so het hulle oor hom getreur. Die Libanonsberge het ook gehuil. Hy het swart begrafnisklere aangetrek. Al die bome in die bos het droog geword.

Esegiël 31

Esegiël 31:10-18