1. Die Here het nog ’n slag met my gepraat en vir my gesê:
2. “Mens, wat is beter aan ’n druiwestok as aan ’n boom wat in die bos groei? ’n Druiwestok kan nie eens so goed gebruik word om vuur te maak as ’n boom se hout nie.
3. Kan jy die hout van ’n druiwestok gebruik om iets van te maak, soos ’n houtpen wat jy teen die muur inkap om iets aan op te hang?
4. Nee, daardie hout is te swak. Dit sal breek. Jy kan met die hout van ’n druiwestok net vuur maak, maar dit brand ook baie vinnig uit.