24. Nadat ek al hierdie dinge gesien het, het die Gees van die Here my opgetel en teruggebring na die vreemde land waar ons gevangenes was, daar na Babilonië toe. Ek het daar saam met my volksgenote as gevangene gebly. En so het alles wat ek oor Jerusalem gesien het, geëindig.
25. Ek het vir my mense wat in die vreemde land gevangenes was, alles vertel wat die Here my gewys het.