13. Terwyl ek nog praat, is Pelatja die seun van Benaja skielik dood. Toe val ek voor die Here neer en roep hard uit: “Here my God, moet U al die mense wat aan Israel behoort dan doodmaak?”
14. Toe het die Here weer met my gepraat:
15. “Mens, die mense wat in Jerusalem oorgebly het, praat oor hulle familielede wat as gevangenes na ’n vreemde land weggeneem is. Hulle sê: ‘Hierdie familie van ons is ver van die Here af, daar waar hulle in ’n vreemde land bly. Daarom het die Here hulle land nou seker vir ons gegee!’
16. Omdat hulle so sê, moet jy vir die mense wat gevangenes in daardie vreemde land is, gaan vertel dat die Here, Esegiël se God, vir hulle sê: Ek het julle verstrooi sodat julle nou die hele wêreld vol is, ver van julle eie vaderland af. Maar onthou dit, Ek sal altyd daar wees vir julle, waar julle ook al is. Ek sal julle beskerm en oppas.
17. “Sê ook vir hierdie mense, Esegiël: Ek sal julle weer eendag bymekaarmaak en terugbring van al die lande af waarheen Ek julle weggejaag het. En Ek sal die land Israel daardie dag weer vir julle teruggee as julle eie land.