Eksodus 7:6-11 Die Boodskap (DB)

6. Moses en Aäron het presies net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het.

7. Die tyd toe hulle met die farao gaan praat het, was Moses alreeds 80 jaar oud en Aäron 83.

8. Die Here sê toe vir Moses en Aäron:

9. “Wanneer die farao vra dat julle iets moet doen wat vir hom kan bewys dat julle van God af kom, moet jy vir Aäron sê om sy kierie te vat en dit voor die farao op die grond neer te gooi. Dit sal dan in ’n slang verander.”

10. Moses en Aäron het toe by die farao aangekom en presies net so gemaak soos die Here gesê het. Aäron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi. Dit het in ’n slang verander.

11. Die farao laat toe sy towenaars kom. Hulle doen toe presies dieselfde ding.

Eksodus 7