Eksodus 36:4-11 Die Boodskap (DB)

4. Die mense wat die tent maak, het toe een vir een van die werk waarmee hulle besig was, na Moses gekom

5. en vir hom gesê: “Die volk bring nou meer goed as wat ons nodig het om die dinge te maak wat die Here gesê het.”

6. Moses het toe oral in die kamp laat afkondig dat hulle moet ophou om goed vir die werk te bring. Die volk het opgehou om goed te bring.

7. Daar was nou oorgenoeg voorraad om die tent te maak. Trouens, daar het selfs daarvan oorgebly.

8. Elkeen wat kon help, het saamgewerk. Hulle het die onderste laag van die dak uit tien stukke materiaal van fyn linne gemaak waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef was en waarop figure met vlerke geborduur was.

9. Elkeen van hierdie tien stukke was presies ewe groot. Elkeen was veertien meter lank en twee meter breed.

10. Hulle het dit op mekaar gepas en daarvan twee identiese stelle gemaak. Vir elke stel het hulle vyf stukke materiaal op hulle lengte aan mekaar vasgewerk.

11. Hulle het blou lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle vasgewerk

Eksodus 36