Eksodus 26:4-5-17 Die Boodskap (DB)

6. Maak ook 50 goue hakies om deur die lussies te haak sodat die twee velle aan mekaar vasgehaak kan word om een dubbelvel te vorm. Dit is dan die onderste laag van die tent se dak.”

7. “Maak ’n tweede laag vir die dak van bokhaarmateriaal om bo-oor die eerste laag te trek. Hiervoor is elf stukke materiaal nodig.

8. Al elf stukke moet presies ewe groot wees. Elkeen moet vyftien meter lank en twee meter breed wees.

9. Maak weer twee stelle op. Vir die een stel werk jy vyf stukke materiaal aan mekaar vas. Vir die ander een gebruik jy ses stukke. Die sesde stuk word dubbel gevou. Dit sal by die voorkant van die tent kom.

Eksodus 26