Eksodus 20:13-20 Die Boodskap (DB)

13. “Jy mag nie iemand anders doodmaak nie.

14. “Jy moenie ontrou wees aan jou man of jou vrou en by iemand anders slaap nie.

15. “Jy moenie iets steel nie.

16. “Moenie vir ander mense lieg en hulle bedrieg nie.

17. “Moenie afgunstig raak op iemand anders se besittings nie. Jy moenie wens dat sy vrou of sy werkers, sy bees of sy donkie, eerder aan jou behoort het nie. Jy moenie jaloers wees op die dinge wat iemand anders het en dink dat jy dit eerder moes besit het nie.”

18. Die volk het baie bang geword toe hulle die donderweer hoor en die blitse sien. Hulle het gebewe toe hulle sien hoe vol rook die berg is en hoor hoe hard die trompet blaas. Hulle het gebewe, so bang was hulle. Hulle het gesorg dat hulle op ’n afstand bly staan.

19. Hulle het Moses gesoebat: “Praat jy liewer met ons dat ons na jou kan luister. God moenie met ons praat nie. As Hy praat, sal ons doodgaan.”

20. “Julle moenie bang wees nie,” sê Moses toe vir hulle, “God het kom kyk of julle versigtig genoeg vir Hom is sodat julle nie teen Hom sal sonde doen nie.”

Eksodus 20