14. Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet al hierdie dinge wat gebeur het, in ’n boek neerskryf. Jy moet dit ook vir Josua op die hart druk dat Ek gemaak het dat niemand op aarde ooit weer aan die Amalekiete sal dink nie.”
15. Moses het by daardie plek ’n hoop klippe laat pak as ’n gedenkteken vir hierdie gebeure. Hy het dit genoem: “Die Here is my vlag.”
16. Hy het gesê: “Die Here se vlag moet hoog in die wind waai. Die Here veg elke keer teen die Amalekiete.”