Eksodus 14:13-17-18 Die Boodskap (DB)

13. Moses het egter vir die volk gesê: “Hou op om bang te wees. Staan vas net waar julle is. Julle gaan vandag sien hoe wonderlik die Here julle gaan red. Daardie Egiptenaars wat julle vandag daar voor julle sien, sal julle in der ewigheid nooit weer sien nie.

14. Wees julle maar net kalm. Die Here sal in julle plek veg.”

15. Die Here vra toe vir Moses: “Vir wat staan julle so en roep na My om julle te help? Sê vir die Israeliete hulle moet begin beweeg.

16. Lig op jou kierie en steek jou hand uit na die see se kant toe. Die water sal voor julle oopmaak sodat die Israeliete op droë grond deur die see kan loop.

17-18. Ek sal die Egiptenaars vasberade maak om hulle agterna te sit en agter hulle aan te gaan die see in. Wanneer Ek met die farao en sy hele leërmag en sy oorlogswaens en hulle perde klaargespeel het, sal Ek vereer word. Egipte sal moet erken dat Ek die Here is.”

Eksodus 14