1. Die Here het vir Moses gesê:
2. “Sê vir die Israeliete hulle moet wegdraai en kamp gaan opslaan by Pi-Hagirot, tussen Migdol en die see. Dit is regoor Baäl-Sefon naby die see.
3. Die farao sal dan dink dat die Israeliete verdwaal en in die woestyn vasgeval het.
4. Ek gaan die farao weer hardkoppig maak. Hy gaan die Israeliete agternasit. Die farao en sy hele weermag sal uiteindelik voor My moet buig. Egipte sal moet erken dat Ek die Here is.” Die Israeliete het toe so gemaak.
5. Toe die koning van Egipte hoor waarheen die Israeliete op pad is, het hy en sy leiers hulle besluit verander. Hulle het gesê: “Wat op aarde het ons besiel om die Israeliete sommerso te laat wegkom?”
6. Die farao het sy oorlogswa en sy perde laat inspan om hulle met sy troepe agterna te sit.
7. Hy het 600 waens uitgesoek. Op elkeen was daar drie manne.
17-18. Ek sal die Egiptenaars vasberade maak om hulle agterna te sit en agter hulle aan te gaan die see in. Wanneer Ek met die farao en sy hele leërmag en sy oorlogswaens en hulle perde klaargespeel het, sal Ek vereer word. Egipte sal moet erken dat Ek die Here is.”