Eksodus 10:20-23 Die Boodskap (DB)

20. Die Here het egter weer die farao se hardkoppigheid die oorhand oor hom laat kry. Hy wou weer nie kopgee om die Israeliete te laat gaan nie.

21. Die Here het Moses beveel: “Hou jou hand na die hemel toe. Dit sal donker word oor Egipte. Dit sal so donker word dat ’n mens amper aan die donker sal kan vat.”

22. Moses het sy hand boontoe uitgestrek. Dit het drie dae lank stikdonker geword oor die hele Egipte.

23. Drie dae lank kon die Egiptenaars mekaar glad nie sien nie en nie een kon ’n voet versit nie. Waar die Israeliete gewoon het, was dit egter helder daglig.

Eksodus 10