23. En dan was daar ook nog die voorval by Kades-Barnea met die verkenners. Die Here het gesê julle kan maar die Beloofde Land binnetrek, maar julle het geweier. Julle wou nie die Here vertrou nie; daarom het julle nie na Hom geluister nie.
24. Van die eerste dag af dat ek julle leer ken het tot vandag toe was julle nog net ongehoorsaam aan die Here.
25. “Dit is dan waarom ek 40 dae en nagte lank met die Here geworstel het. Hy wou julle vernietig.
26. Maar ek het vir julle gebid en gesê: ‘Almagtige God, moet tog nie u eie mense uitwis nie. Moet tog nie die mense wat U so kragdadig uit Egipte se swaarkry gered het, verwoes nie.