Toe het die Here vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek belowe het om vir Israel te gee. Ek het al vir julle oupagrootjies, vir Abraham en Isak en Jakob, belowe dat ek hierdie land vir julle sal gee. Ek het vir hulle gesê: Ek gee hierdie land vir julle kleinkinders en agterkleinkinders. Ek het nou toegelaat dat jy die land met jou oë kan sien. Maar jy mag nie in die land ingaan nie.”