13. Hulle is toe haastig daar weg na die koning toe, waar hulle Daniël op grond van die koninklike bevel aangekla het: “U Majesteit, u het mos ’n bevel onderteken wat sê dat enigeen wat binne die volgende 30 dae enige mens of god behalwe u aanbid, in ’n hok vol leeus gegooi moet word.”“Natuurlik,” het die koning geantwoord, “en dit staan vas, want dit is ’n wet van Meders en Perse wat nie teruggetrek kan word nie.”
14. Hulle sê toe vir die koning: “Wel, Daniël, een van die Joodse ballinge, steur hom glad nie aan U Majesteit se bevel nie. Hy bid nog steeds drie maal op ’n dag tot sy God.”
15. Toe die koning dit hoor, was hy ontsteld omdat hy die bevel geteken het. Hy het die res van die dag bestee om ’n manier te probeer kry om vir Daniël uit hierdie situasie te red.