2 Timoteus 2:22-24 Die Boodskap (DB)

22. Maak dat jy wegkom van al die verkeerde dinge wat vir ’n jongmens so lekker lyk en wat hy dan so graag wil doen. Gebruik liewer jou energie op ’n ander manier. Probeer liewer reg lewe, op God vertrou en lojaal wees teenoor Hom en die ander Christene. Bewaar die vrede en werk saam met almal wat in ’n opregte verhouding met die Here staan.

23. Moenie in belaglike argumente betrokke raak en met mekaar sit en stry nie, want dit sal net maak dat julle aan die baklei raak.

24. Iemand wat vir die Here werk, moet nie baklei nie.

2 Timoteus 2