1. Die Here het weer ’n keer vir die Israeliete kwaad geword. Toe het Hy Dawid teen hulle opgesteek en gesê: “Gaan hou ’n sensus in Israel en Juda.”
10. Na die sensus het Dawid se gewete hom begin pla. Hy het vir die Here gaan sê: “Dis ’n verkeerde ding wat ek gedoen het, Here; vergewe my asseblief dat ek so onnosel was.”
11. Die volgende môre toe Dawid opstaan, kom die profeet Gad na hom toe. Hy moes altyd vir Dawid sê wat die Here wil hê.
12-13. Hierdie keer moes hy vir Dawid gaan sê: “Die Here sê jy kan kies wat Hy met jou moet doen: moet daar drie jaar hongersnood wees in jou land, of wil jy drie maande vlug vir jou vyande, of moet daar vir drie dae ’n pessiekte in jou land wees? Dink mooi daaroor, dan sê jy vir my wat ek vir die Here moet gaan sê.”