2 Samuel 22:9-18 Die Boodskap (DB)

9. As Hy kwaad is, is dit soos ’n vuurspuwende bergwaar die rook uit trek en vuur en lawa uitstroom.

10. Hy het die hemel oopgeskuif en afgekom;Hy het op donker wolke gaan staan.

11. Dit het gelyk of Hy in die wolke op ’n dier met vlerke ry,of die stormwind sy vlerke is waarmee Hy vlieg.

12. Die Here het in ’n donderstorm nader gekom,in die donker reënwolke.

13. Daar waar Hy was, het die blitse geslaan.

14. Toe die weer dreun, kon jy weet: dis die Here wat daar praat,dis die hoë God se stem!

15. Met weerligstrale het die Here my vyande uitmekaargejaag;die blitse het hulle op loop gesit.

16. As die Here kwaad is en Hy praat, is dit soos ’n orkaan;as Hy so hard praat, gee die see sommer padsodat jy die aarde se fondamente kan sien.

17. Die Here het uit die hemel my hand gegrypen my uit die woeste water opgetrek.

18. Hy het my weggeruk van my grootste vyand af,van dié mense af wat my haat en te sterk is vir my.

2 Samuel 22