2 Samuel 22:35-44 Die Boodskap (DB)

35. Hy leer my hoe om oorlog te maak,hoe om met ’n koperboog te skiet.

36. Here, U het my beskerm en my gehelp.U het my sterk gemaak toe U my gebed geantwoord het.

37. U maak die grond gelyk onder my,my voete sal nie swik nie.

38. Ek kon my vyande inhaal en hulle platloop.Ek kon aanhou tot hulle gedaan is.

39. Ek het hulle so platgeslaandat hulle nie weer kan opstaan nie.Hulle is teen die grond.

40. U het my die krag gegee om te veg;U het my vyande op hulle knieë gedwing.

41. Hulle het vir my gevlug;ek kon dié wat teen my is, uitroei.

42. Hulle het geskree iemand moet hulle help,maar niemand kon nie.Hulle het na U geroep, Here,maar U wou hulle nie antwoord nie.

43. Ek het hulle stukkend getrap,ek het oor hulle geloop soos ’n mens oor stof en modder in die strate loop.

44. U het my gehelp toe my eie mense my wou onderkry.U het my boonop die koning van ander volke gemaak;mense wat ek nie eens ken nie, werk vir my

2 Samuel 22