7. Nou is die hele familie teen my, U Majesteit. Hulle wil hê ek moet die een wat sy boetie doodgeslaan het, vir hulle gee sodat hulle hóm ook kan doodmaak. Hulle wil hê hy moet met sy lewe betaal vir sy broer se dood, al is hy die enigste erfgenaam. Hulle wil die laaste ou kooltjie vuur wat ek het, doodmaak. As dít gebeur, is daar niemand wat my oorlede man se naam kan laat voortleef of sy stukkie grond kan bewerk nie.”
8. “Jy kan maar huis toe gaan,” het die koning vir haar gesê. “Ek sal sorg dat dit nie gebeur nie.”
9. Maar die vrou van Tekoa sê vir hom: “U Majesteit, maar my skoonfamilie gaan my en my eie familie beskuldig. Hulle sal nie die vinger na u of u regering wys nie.”
10. “As iemand iets daaroor te sê het, bring jy hom net na my toe. Ek verseker jou, hy sal jou nie weer pla nie,” sê die koning.