32. “Omdat ek jou hoeveel maal laat weet het ek wil jou sien!” sê Absalom vir hom. “Ek wil jou na die koning toe stuur. Jy moet vir hom gaan vra hoekom ek teruggekom het van Gesur af. Ek kon maar net sowel daar gebly het! Die koning moet my toelaat om hom te sien. As ek skuldig is, moet hy my maar laat doodmaak.”
33. Joab het dit vir die koning gaan sê. Die koning het Absalom laat roep. Toe hy by die koning kom, het hy met sy gesig tot teen die grond gebuig. Die koning het Absalom omhels.