2 Samuel 13:25-28 Die Boodskap (DB)

25. “Nee, my seun,” sê die koning. “Ons kan nie almal na jou toe gaan nie. Ons sal te veel mense wees.”Absalom het by sy pa aangehou, maar Dawid wou nie saamgaan nie en het vir Absalom gesê hy hoop dit gaan goed met die skeerdery.

26. “Kan my broer Amnon dan nie maar net saamgaan nie?” het Absalom gevra.“Maar hoekom moet hy saamgaan?” het die koning gevra.

27. Absalom het só by hom aangehou dat die koning naderhand vir Amnon en al sy seuns saamgestuur het.

28. Absalom het ’n groot fees gehou en vir sy manne gesê: “Julle moet wakker wees! As Amnon vrolik begin raak van die wyn en ek sê vir julle: ‘Steek hom dood!’ dan moet julle hom doodmaak. Julle hoef nie bang te wees nie. Ek sal die skuld kry daarvoor. Wees julle net sterk en vasberade!”

2 Samuel 13