2 Kronieke 9:27-31 Die Boodskap (DB)

27. Verder het hy silwer so gewoon soos klippe in Jerusalem laat word en sederhout so gewoon soos die hout van die wildevyebome wat so volop in die laerliggende dele van die land groei.

28. Salomo se perde is uit Egipte en verskeie ander lande ingevoer.

29. Die res van Salomo se geskiedenis, van die begin af tot die einde, is opgeskryf in die Herinneringe van Natan, die Profeet, Die Profesieë van Agija van Silo en Die Gesigte van Jedi, die Siener, wat handel oor Jerobeam, Nebat se seun.

30. Salomo het vir 40 jaar in Jerusalem oor die hele Israel regeer.

31. Toe Salomo dood is, is hy in die Stad van Dawid, sy pa, begrawe. Sy seun Rehabeam het hom as koning opgevolg.

2 Kronieke 9