22. Algaande het Salomo ryker en wyser geword as enige ander koning op aarde.
23. Konings van oraloor het na hom toe gekom om na die wysheid te luister wat God vir hom gegee het.
24. Elkeen wat hom besoek het, het ’n geskenk saamgebring. Die geskenke het goue en silwervoorwerpe, klere, wapens, speserye, perde en muile ingesluit.
25. Salomo het staanplekke vir 4 000 perde en strydwaens en vir 12 000 kavallerie-perde gehad. Die meeste van hulle is in die strydwa-stede gestasioneer, maar ’n klompie was naby die koning, in Jerusalem.
26. Hy was die opperheerser van al die konings van die Eufraatrivier in die noorde af tot by die land van die Filistyne en die Egiptiese grens.
27. Verder het hy silwer so gewoon soos klippe in Jerusalem laat word en sederhout so gewoon soos die hout van die wildevyebome wat so volop in die laerliggende dele van die land groei.
28. Salomo se perde is uit Egipte en verskeie ander lande ingevoer.